Opvoubare Patiotafel, Kampeertafel of Piekniektafel

Oupie Kedoupie bou nou reeds ‘n wye reeks opvoubare tafels om sy kliente se behoeftes te bevredig. Alle tafels word van goeie kwaliteit dennehout gemaak en dan met woodock of ander kwaliteit verwe gekleur en behandel. Die nuutste toevoeging tot die Oupie Kedoupiereeks opvoutafels is weereens ‘n tafel met ‘n verskeidenheid gebruike. Ek kan ‘n paar gebruike opnoem, maar ek is oortuig dat daar baie meer gebruike vir die tafels sal wees.

  • Patiotafel
  • Kampeertafel
  • Piekniektafel
  • Tafel vir stalletjie-eienaars

Patio of Kampeertafel 750mmx730mmx7300mm

Ons maak van die groter opvoutafels 2 groottes.

  1. Met ‘n blad van 750mm x 730mm en ‘n hoogte van die tafel van 730mm is hierdie tafel beslis ‘n tafel wat vir baie gebruike sal kan goed staan. Met ‘n gewig van so 7 KG is dit beslis nie te swaar om te hanteer nie – self dames vou hierdie tafel baie maklik op. Die belangrikste is die prys natuurlik. Teen R680.00 is dit regtig waarde vir geld
    .
  2. Die groot boetie is  750mm x 930mm met n hoogte van 740mm met ‘n gewig van +-9 KG  teen R860.00

 

patio-kampeertafel-91X75X74

Patio of Kampeertafel 750mm x 910mm x740mm