Mini Potjiekosstelle-epoksie
Potjiekos is maar ‘n lekker manier om te onthaal of net lekker te kuier. Gewoonlik is daar altyd een persoon wat die potjie
wil optower. Ons mini potjiestelle is die ideale manier om elkeen van jou gaste te betrek. Elkeen maak sy eie potjie en dit sommer in die huis.
Ons het dit al heelwat van hierdie potjie-etes gemaak. Die tydsduur van so ‘n potjie is tussen 45 minute en 75 minute, afhangende van die tipe vleis wat jy gebruik. Die brandstof wat gebruik word is bio gel.
Met die aankoop van ‘n potjie kry jy die volgende:
1. 1 x no 1/4 gietyster Bush Baby swart potjie
2. 1 x staander van gewone hout of met epoksie behandel soos bestel
3. 1 x houer vir die bio gel
4. 1 x porselein opskepbakkie
.