testing

Webbladadres: www.dwarswegstrandoord.co.za https://dwarswegstrandoord.co.za

1. Opstel van “Cpanel” ingesluit FTP, PHP & MySQL en domeinhernuwing. 135.00 per jaar
2. Besprekingskalendar sagteware wat aangekoop moet word. 600.00 per jaar
3. Opstel en bou van webwerf 11500.00 eenmalig
4. Bedienerskoste (hosting) 6 GB SSD stoorplek met onbeperkte verkeer en
tot 10 epos-adresse. 1500.00 per jaar
13735.00

Wat alles ingesluit is by die opstel en bou van die webwerf. (Nie noodwendig in die volgorde hieronder)
• U webwerf sal ‘n SSL sertifikaat kry. U sal nou die slotjie by die url in die browser sien wat die webwerf as ‘n veilige webwerf uitwys aan moontlike besoekers. https://dwarswegstrandoord.co.za inplaas van http://dwarswegstrandoord.co.za
• Oprigting van die tema, kleure, bladsye en uitleg.
• Die webwerf sal in Afrikaans opgestel word en kan met die druk van ‘n knoppie in verskeie tale vertaal word.
• Elke wooneenheid en karavaanstaanplek sal sy eie bladsy hê wat beskrywing, fotos, pryse besprekingskalender en beprekingsvorm sal hê.
• Skep van epos navraagvorms en/of besprekingsvorm. Daar sal ‘n besprekingsvorm vir elke wooneenhied plus karavaanstaanplek wees.
• Skep van besprekingskalender vir elke wooneenheid of karavaanstaanplek.
• Installeer “slider” sagteware om “responsive sliders” te kan skep.
• Installeer en instel van REcaptcha “Spam Control” op navraag- en beprekingsvorms.
• Skep van Googlerekening om die volgende te bereik: integrasie met Google Analytics & Search Console integrasie plus Soekenjinoptimalisering.
• 3 konsep logo-ontwerpe volgens inligting/voorkeure verskaf.
• U nuwe webwerf sal “Responsive” wees en op alle grootte toestelle werk.
• Sosiale media en Google-Kaarte integrasie sal opgestel word.
• Alle nodige kennisgewings bladsye soos “Bepalings en Voorwaardes” “Privaatheidsbeleid”
“Oor Ons” “Popi” ens. sal opgestel word in samewerking met u.
• Fotos moet deur u verskaf word, maar ons kan behulpsaam wees en advies gee en help met die neem van fotos.
• Aangesien die webwerf taamlik baie fotos gaan hê is die raadsaam om ‘n “cache” program te installeer. Uit ondervinding weet ek daar is ‘n paar goeies wat gratis beskikbaar is.

 

2/…..
2.

Die doel is om die kantoorpersoneel op te lei om self veranderinge op die webwerf aan te bring om
sodoende kostes te bespaar. Ingesluit in die kwotasie hierbo is 3 ure opleiding op julle perseel. Ons is egter
beskikbaar per telefoon of ook per skype.

Hierdie kwotasie is geldig vir 21 dae vanaf 26 Januarie 2021.

Om te begin met die bou van die webwerf moet ons R 9614.50 (70% van R 13 735.00) ontvang.
Die balans is betaalbaar sodra die raamwerk van die webwerf voltooi is. Ons is nie verantwoordelik vir die inhoud van elke wooneenheid of karavaanstaanplek nie. Dit moet deur julle verskaf word. Ons sal egter behulpsaam wees waar ons kan.

Ek het ‘n voorbeeld gebou van ‘n webwerf wat ek voorstel. Onthou hierdie is net ‘n voorstel waaraan nog geskaaf kan word. Ek sal dit waardeer dat julle met die zoom vergadering ook ‘n selfoon en ‘n tablet as moontlik, byderhand het sodat julle kan sien hoe die voorgestelde webwerf op daardie toestelle vertoon.

Die basis tema( Elegant Theme) wat ek vir die webwerf gebruik het se jaarlikse koste is tans $89.00. Ek bereken dit nie by die prys aan u nie. Ek gebruik die tema vir u op my lisensie. U moet net ingedagte hou dat waneer u nie meer van ons bedieners gebruik maak nie, u daardie koste self moet dra.

Ek het ook opgemerk dat u domein 19/04/2021 hernu moet word. Ek weet nie op wie se naam die domein geregistreer is nie. Ek registreer elke domein in die naam van die eienaar sodat die eienaar beheer oor sy domein het.

Sodra die nuwe webwerf volledig op die toets platvorm gebou is beveel ek aan dat die domein na ons bedieners geskuif word waarna ek dan ook die nuwe webwerf daarheen sal skuif.

Indie u enige verdere inligting benodig moet asseblief nie skroom om my te kontak nie.
.

 

Vriendelike groete
Hanno Coetzee
Lalakoi Publishing
072 107 4449 / 044 695 1559

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Translate »